Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Jy sal jou oë nie glo nie!
Weg!
SÓ WERK DIE GIDS
BY DIE GRENS
Mooi van alle kante! • Wat omtrent Namibië gryp jou aan? Dalk is dit die lekkerste agterpad wat jy al ooit gery het of ’n onvergeetlike avontuur saam met geliefdes. Ons het oudergewoonte Weg se Instagramvolgelinge gevra om hulle fotoherinneringe van dié buurland te deel. Die inskrywings vertel elkeen ’n verhaal en vat ’n mens op ’n heerlike kopreis. Maar dié tien foto’s het ons veral laat voel ons is nou dáár – onder die suide se sterrehemel en tussen die Kavango se klikkende paddas. Geluk aan die wenners! Julle R3 000-geskenkbewyse van Adventure Inc. is in die pos.
Vat die pad met Adventure Inc. • ’n Namibië-vakansie se genot begin al lánk voordat jy daar aankom. Die beplanning is reeds ’n voorsmakie. En die kans om weer ’n slag jou kamptoerusting of stapgoed te gebruik, laat jou vingers van pure lekkerte jeuk! Of jy nou padlangs deur Namibië toer of die wildernis te voet aandurf, Adventure Inc. se gehalteprodukte sorg nie net vir gemoedsrus nie, maar ook gemak. Kyk net hier! En daar is selfs meer toerusting by adventureinc.co.za.
Met eerste lig oor die grens • As jy nie op Keimoes of Garies woon nie, is die eerste dag van jou Namibië-trippie net ’n geryery om ’n grenspos voor donker te haal. En dis ver genoeg vir eers. Span uit langs die Oranje en begin jou vakansie uitgerus die volgende oggend. Dís ons gunsteling-blyplekke digby dié rivier se vier grensposte.
CANYON ROADHOUSE, VISRIVIERCANYON
KAART
BLYPLEKKE
Waar die wêreld nog wyd lê • Op die drie dae lange Toktokkie-slenterstaproete verken ’n mens ’n deel van die NamibRand-natuurreservaat waar slegs die woestyndiere se spore in die sand lê. Saans sit jy by ’n tafel aan vir ete, en gaan slaap daarna onder die sterre. Luuks!
Die ware Kalahari • Die meeste mense ken die Kalahari slegs van agter ’n stuurwiel. Maar hoe lyk die wêreld ánderkant die plaasheinings? Kom stap saam met die boere en leer ken nie net die duine beter nie, maar ook die mense wat dié kontrei huis noem.
DE BAKEN, WALVISBAAI
KAART
BLYPLEK MIDDEL
Kom steek jou tone in die sand! • Jy kan Namibië se noordelikste kusdorp maklik op ’n vakansietoer weglaat. Maar as jy lief is vir visvang, die woestyn se ooptes en lekker mense, gaan jy heelwat misloop, skryf Evan Naudé.
Na waters wat wild is • Drie afgetrede paartjies, twee maande en een plan: Om Namibië se stiltes sta-a-a-dig in te drink. Duidelik weet Paul Els en sy vriende hoe om behoorlik vakansie te hou!
Kamp op die Kwando se voorstoep • Die Kwandorivier loop verby drie nasionale parke in die Zambesistreek: BwaBwata, Mudumu en Nkasa Rupara. Olifante trek deur al drie gebiede, seekoeie hou in die kanale en voëls is volop. Die streek is maklik bereikbaar en dis waarheen ek my bakkie se neus draai wanneer ek na die veld hunker.
MOKUTI ETOSHA LODGE, ETOSHA
KAART
BLYPLEK NOORDE
KYK HIER!