Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for SARIE KOS by Media 24 Ltd - Available

SARIE KOS

Herfs/Winter 2026
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

SARIE KOS

WAT SÊ WINTER VIR JÓÚ? • Vir elkeen kom winter met sy eie trooskombers. Ons het op Facebook gevra:

SARIE KOS

Die nuwe jaar se lelies sier die droë, donker vlei; Die swaels versamel voor die trek in klompies op die draad: Die doringboomblom se afskud-goud tapyt die roesbruin klei; Die groen-gedoste kloof verklee hom in sy grys gewaad; Want winter loer • So skryf C. Louis Leipoldt in sy gedig “Die winter kom”*. Dis tyd vir die aarde om te gaan rus, sy vensters toe te trek en die warm binne te hou. Die koeler seisoene bring vir jou mooi op ’n ander manier: stowe, prut, kook, langsaam, stadig, lepel vir lepel, geurig en sag. Alles op ’n bord of in ’n bak om vir jou te sê nou is die tyd vir jouself en vir die mense rondom jou.

ONS WÊRELD • PRODUKTE | NUWE BESTANDDELE | ERVARINGS | GESONDHEID | BOEKE

SONDAG BY DIE NENES 7 KLEURE OP JOU BORD • Rondom Zola Nene se Sondagmiddagtafel gaan dit nie net oor kos nie – maar eerder oor mense, die onthou van ’n gogo en mkhulu. Vir dié MasterChef-beoordelaar is dit ’n huis waar almal altyd welkom is

DROËVRUGTE DIE SOET EN DIE TAAI VAN WÁG SON OP DIE TONG • Droëvrugte skree nie vir aandag nie. Hulle lê nie blink en perfek in die yskas nie. Nee, hulle wag geduldig op die rak, tot jy dit nodig het. En dalk is dit presies hoekom dié vrugte so tydloos is

NOG ’N SKEP VLA • Wat is ons wintertafel sonder daardie lepels vol vanieljevla. Niks meer as eiers, melk, suiker en vanielje wat stadig gekook of gebak word tot ’n romerige mengsel. Hierdie klassieke Franse soet sous is die fondasie vir baie ander troefnageregte

KOOKKLAS: AARTAPPELS HEITO POTATO! • Is daar ’n aartappel waarvan ons nié hou nie? Gerooster, gekook, fyngemaak of gebraai in vet is dit moeilik om verby te stap. Kom kook saam 4 klassieke aartappelgeregte wat sê: Proe die lekker

KEKKEL EN KRAAI VAN PLESIER ALLES IN EEN PAN • Sorg dat jou weeksdagtafel vol geur en smaak is maar met min skottelgoed gelaat word, want alles in een pan, bak of pot is mos die beste kos! Hier is 6 min-moeite-hoendergeregte

SOP IS TOPS Koud of warm • Ons reken sop is so belangrik dat ons vir jou twee weergawes van vier soppe vir tamatie, blomkool, prei en sampioen gee: een warm en een koud van elk. Wat het hulle gemeen? Albei troos nes dié oermoeder van kos kan

FONDASIE VAN GEUR • Goeie kos vra vir eenvoudige beginsels: die beste bestanddele in seisoen, die regte gaarmaakmetodes, ’n balans tussen sout, vet, suur en hitte en die onmisbare bestanddeel van liefde. Gelukkig het jy ook ’n smaakspens wat jou pad na geurige kos makliker maak!

PIESANG JOU MOOI DING! • Soveel meer as ’n voedsame peuselhappie of deel van ’n piesangbrood. Piesang staan sy plek vol as die vrug van 2026. Met unieke geure en smake en nuwe teksture vir jou tafel. En dalk het jy nie geweet nie, maar piesang is eintlik ’n bessie!

SNOET TOT STERT PROE SOOS PLAAS • Daar wag ’n wêreld van lekker in afvalresepte en as jy dit eers geproe het, belowe ek jou jy gaan met nuwe oë kyk na dié minder gesogte proteïen. Ons wys hoe om kos vol geur en smaak te maak met meer bekostigbare snitte vleis

JOU GOEDVOELGIDS VIR HERFS & WINTER TROOS, KNUS EN GOED • Wanneer die koeler dae kom, is daar niks soos sjokolade om ons warm te omvou nie. Bederf jouself met ’n stukkie lekker en ontspan op die bank onder daai knus wolkombers . . .

GOOI DAAI MEEL, ANDERSTE MEEL! • Meel is...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans